Private Practice – feedback from clients

Dear Nicki,

Thank you for your care and concern while we journeyed in therapy and even thereafter. I am feeling a lot more understood and accepted by my wife, although she still maintains it is all me. 🙂  Thank you for your guidance and insight, it has certainly changed our future relationship trajectory. Life is about our choices and how we deal with the difficult things.

Regards and Respect,

G

You did so much for me and I am so much better – cannot believe what I have been missing in life – you are an inspiration to me! Thank you for helping me to rediscover my womanhood and to enjoy my sexuality.

Michelle

Ek hou van die naaldekoker… die hele konsep… hierdie spreek weer vir my van “lafenis”en dit het ek en Anton by jou gekry.. ons lewens daagliks nog ‘n bewys van daardie sukses. Jy het die beste in ons verhouding met mekaar uitgebring..

Dankie

S

Nicki, you helped me to work thought the sexual abuse I expeirences as a child. I faced the anger and the sense of loss I experienced. Now I am ready to live life to the fullest.

Fatima

Dankie dat jy saam met my gereis het deur die landskap van depressie. Danksy ons reis het ek nuwe maniere gevind om depressie te hanteer.

Johan

Hallo Nicki

Na ons twee sessies het die verhouding reeds begin verbeter. Jy het my egter met ander oë na myself laat kyk. Ons het nou ‘n gesonde normale verhouding wat ons beide bang is om te verloor. Ons hou baie rekening met mekaar se behoeftes en dis goed om in mekaar se geselskap te wees. Baie dankie vir jou professionele bemiddeling. Jy het daarmee twee mense gelukkig gemaak.

R

Beste Nicki

Eerstens BAIE dankie vir ons sessie gister. Ek kan nie glo (my man ook nieJ) watter verskil EEN gesprek met jou al klaar gemaak het nie! Ek sien uit na ons volgende sessie.

E

Advertisements

4 thoughts on “Private Practice – feedback from clients

  1. Beste Nicki, ek het vanoggend na RSG geluister en van jou siening gehou. Ek is ‘n 56-jarige man met ‘n goeie vrou en 3 dogters, waarvan 1 reeds ‘n dogter het en die oudste een verwag. Wat ‘n voorreg. Ek is ‘n dopper en my siening van seks is juis die “gemeenskap” met jou vrou vir albei se genot en moontlike oulike gevolge.

    Ek het nou egter ‘n probleem, omdat ek ‘n goeie libido het, maar my vrou nou grootte X by Milady’s koop, en dit vir afgelope 11 jaar.

    As gevolg van haar gewig (en my eie houding daarteenoor) is daar geen sprankel meer in ons seksuele lewe nie, alhoewel al die ander dele van ons lewens steeds normaal funksioneer. Ek het behoefte aan gemeenskap maar kan nie daartoe kom nie en as gevolg daarvan lyk my vrou ook “koud” te wees (alhoewel sy dit dalk nie is nie).

    Ek mag glad nie oor haar gewig met haar gesels nie en dis vir my die moeilikste deel van my huidige lewe.

    Kan jy dalk raad gee aan my, aangesien ekself heel moontlik ‘n verkeerde siening handhaaf?

    Groete,

    Kr1jN

    • Beste KrtjN

      In my boek bespreek ek verskeie faktore wat by kan dra tot ‘n afname in libido. Ek praat ook oor hoe liggaamsbeeld en idees oor die “ideale” vroulike vorm en/of liggaamsgrootte mense kan beïnvloed. Dit is ook baie moeilik vir ʼn vrou om seksueel geprikkel of begeerlik te voel, as sy voel dat haar man nie haar liggaam aanvaar nie of gereeld kritiseer. Die begrip seksuele veiligheid is hier belangrik, met ander woorde, dat ons in ons seksuele verhouding bewus sal wees van ons maat se welstand op fisiese, geestelike, emosionele en seksuele vlak. Ons moet dus op al die vlakke van ons verhouding na mekaar omsien om sodoende mekaar te help om seksueel ook gemaklik en veilig met mekaar te wees. ʼn Persoon is meer as net ʼn liggaam en al is jou vrou oorgewig, beteken dit nie noodwendig dat sy nie seksueel aantreklik vir jou hoef te wees nie. Ek wil voorstel dat julle met ʼn professionele persoon of julle leraar gaan gesels en saam na oplossing soek wat vir julle beide groter seksuele vervulling kan bewerkstellig. Gesels ook met jou vrou, sonder om te beskuldig, en hoor wat vir haar sal help om seksueel meer spontaan te wees. Is daar iets wat jy kan doen om haar te help om meer seksueel te voel?

  2. Baie dankie vir die vinnige antwoord op my navraag; ek waardeer dit baie! Ek sal met my vrou gesels hieroor en sien of ons kan nader beweeg aan mekaar op hierdie vlak.

    Groete en ‘ rustige Sondag!

    Krijn

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s